Verander JOU KOP, verander JOU LEWE

Type
Book
Authors
Joubert ( Stephan )
 
Category
Teaching  [ Browse Items ]
Publication Year
2016 
Publisher
Tags
Denke 
Description
Die krag van jou geloof lê in jou kop – moet dit nie onderskat nie!

Spreuke 4:23 sê: “Wat jy dink, bepaal alles wat jy doen.” Stephan Joubert wys in Verander jou kop, verander jou lewe dat hierdie woorde nie verniet in die Bybel staan nie. Jou brein het die vermoë om jou lewe te verander wanneer jy jou denke in ’n nuwe rigting stuur.

Stephan wys in hierdie boek vir jou hoe uniek en spesiaal God ons gemaak het. Hy wys jou hoe jy jou geloof kan verdiep en ander beter kan verstaan deur kennis van hoe die brein werk. Hy gaan kyk na interessante dinge rondom die brein en sy werking, soos:

• Jou brein het die potensiaal om lewenslank te groei en te ontwikkel.

• Negatiewe taal beskadig nie net ander se lewens nie, dit beskadig ook jou brein.

• Die struktuur van mans en vroue se brein verskil, en daarom doen ons dinge verskillend.

• Omdat plastisiteit van die brein afneem in ouerwordende persone, kan dit tot hardkoppigheid of sosiale rigiditeit aanleiding gee.

In hierdie boek sal jy die skakel ontdek tussen jou brein, jou alledaagse lewe en jou geloof. Want die Bybel sê jy moet God liefhê met jou hele hart en al jou denke en Verander jou kop, verander jou lewe sal jou help om ook met jou brein tot bekering te kom.

Oor die Outeur

Stephan Joubert is ’n spreker, prediker, leierskapkonsultant en skrywer. In 2010 is een van sy boeke, Jesus – ’n radikale sprong, bekroon met die Andrew Murray-prys. Stephan is buitengewone professor in Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat en Noordwes-Universiteit, ’n navorsingsgenoot in Teologie aan die Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland, redakteur van ’n groot e-kerk op die internet, en deeltydse leraar. 
Number of Copies

REVIEWS (0) -

No reviews posted yet.

WRITE A REVIEW

Please login to write a review.