Wat Wenners Weet

Type
Book
Authors
Brittz ( Louis )
 
Category
Teaching  [ Browse Items ]
Publication Year
2013 
Publisher
Struik Uitgewers, South Africa 
Description
Nadat Louis Brittz en sy gesin in Februarie 2010 die slagoffers van ’n gewapende roof, ontvoering, doods dreigemente en verkragting was, het hulle beleef hoedat hulle, in Louis se woorde, ‘deur die Here se genade sonder littekens aan ons siele of gees daaruit gestap het.’ Hulle was amper onmiddellik heel en mense het gedink dat hulle of jok, of superkragte van een of ander aard het. Maar Louis het besef dat God jare lank al besig was om hulle te leer om volgens sekere beginsels te lewe. Dit, saam met Sy krag en teenwoordigheid, het hulle in staat gestel om hierdie traumatiese ervaring volkome te verwerk. Vanuit hierdie ervaring is Wat wenners weet gebore. Ons is gebore om wenners te wees en elkeen – van die heel gewones tot die super-begaafdes – kan ’n wenner wees. Dis in jou geestelike DNS ingeskryf deur God self. Hierdie boek is nie ’n aksieplan nie. Dis ’n uitnodiging om spesifieke dinge in jou lewe voor God neer te le en Hom in verootmoediging te vra om jou te verander. Dis ook nie ’n boek wat elke dingetjie probeer hanteer wat jou lewensgehalte kan verbeter nie. Dit vertel jou nie na watter musiek om te luister, waar om vakansie te hou of om groen tee te drink vir jou spysvertering nie. Louis bepaal hom by die dinge wat hy glo noodsaaklik is om in oorwinning te kan leef. Dis ’n reis deur God se beskikbare middele om sy kinders in wenners te verander. Louis bespreek onderwerpe soos: Wenners het alles verloor; wenners kan vergeet; wenners weet wie hulle is; wenners vra die harde vrae; wenners oorwin hulle gedagtes; wenners is bagasievry. Wat wenners weet gee jou ’n bloudruk van dinge wat in ’n wenner se lewe anders lyk as in die van ander mense en sal jou in staat stel om in alle omstandighede meer as ’n oorwinnaar te wees. 
Number of Copies

REVIEWS (0) -

No reviews posted yet.

WRITE A REVIEW

Please login to write a review.