Seks wat vernietig

Type
Audio/Visual
Authors
Category
Teaching  [ Browse Items ]
Tags
Description
Alhoewel God seks gegee het vir getroude pare om verbond te smaak op die diepste en mees persoonlike vlak, is daar duisende mense wat getuig van die skadukant van seks. In hierdie DVD sal jy só 'n skadukant leer ken aan die hand van Francois se getuienis - waar hy reeds as jong laerskoolseun blootgestel is aan pornografie, en eindelik in sy huwelik in die strikke van owerspel getrap het. Hy sal jou laat besef dat mense met hope integriteit, goeie opvoeding en sterk morele waardes nie noodwendig bestand is teen die versoekinge en aanslae van die Satan nie - en dat 'n behoefte aan erkenning, jou identiteit as man of vrou, en die soeke na liefde maklik tot seksuele verval kan lei. Francois gesels openlik en reguit, en sal vir jou die waarheid bring oor die impak van seks in die geesteswêreld. Sy getuienis van God se genade en vergifnis, en Jesus as enigste Waarheid, sal jou inspireer en bemoedig dat daar 'n lewe en huwelik in oorvloed kan wees, ongeag jou verlede. 
Number of Copies

REVIEWS (0) -

No reviews posted yet.

WRITE A REVIEW

Please login to write a review.