Die waarheid oor affairs

Type
Audio/Visual
Authors
Category
Teaching  [ Browse Items ]
Subject
Affairs, huwelik, verhoudings 
Description
Met só baie huwelike wat geraak word deur affairs, is dit broodnodig om vir ‘n slag eerlik hieroor te gesels. En wie beter, as Francois en Gretha Wiid wat sélf hierdie pad gestap het. Nie net kan hulle eerlik gesels oor die pyn, verwyte en vernedering wat aan ‘n mens se siel knaag nie, maar kan hulle ook getuig dat genesing, vergifnis en ‘n herstel in vertroue moontlik is.

Affairs gaan nie altyd oor seks nie, en is ook nie noodwendig die gevolg van ‘n ongelukkige huwelik nie. Selfs mense met sterk karakters, hope integriteit en gesonde christelike waardes het al in die die strik van ‘n buite-egtelike verhouding getrap. Dit kan met enige iemand gebeur….ook met jóú!

Die waarheid oor affairs sal:

jou help om die rooi ligte van ‘n affair raak te sien en ‘n kwansuise onskuldige verhouding te ontbloot vir wat dit werklik is,
jou die moed gee om ‘n pad van waarheid te stap en werklik vry te wees van die kettings van leuens en selfverwyt
jou raad gee oor hoe om vertroue te herstel en ten volle te vergewe, en ook
die vrae te beantwoord oor waar als verkeerd gegaan het en hoekom dit gebeur het, en bo alles ….. om voor te begin en te bou aan ‘n huwelik wat hóú!

 
Number of Copies

REVIEWS (0) -

No reviews posted yet.

WRITE A REVIEW

Please login to write a review.