Kinderseksualiteit 0-9 jr

Type
Audio/Visual
Authors
Category
Teaching  [ Browse Items ]
Subject
Kinders seksualiteit 
Description
CD: Kinderseksualiteit Disk 1: 1. Weerbaarheid of kwesbaar 2. Laat ontpop jou dogtertjie in 'n prinses 3. Manne met rugraat en 'n missie 4. Word 'n expert in kommunikasie met jou kleuter 5. Taai toffee-vrae met oulike antwoorde wat definitief sal help "Mamma, hoekom lyk boetie anders as ek?" Kleuter met sanitêre doekie: "Mamma, wat is dit?" "Was ek ook in mamma se maag?" "Hoe het ek daar binne gekom?" "Hoe het Jesus my dan daarbinne gekry?" "Hoe het ek uit jou lyf uitgekom?" "Hoekom het die seuntjie by die skool nie 'n velletjie voor op sy penis nie?" As my kleuter begin praat oor die girlfriends en boyfriends by die skool Wanneer my kleuter die woord kondoom hoor en vra wat dit is "Mamma, hoekom word my penis partykeer sommer net styf?" "Hoekom het 'n mamma haartjies op haar vagina?" As ek VIGS moet verduidelik voordat die skool dit doen Disk 2: 1. Wat as my kleuter nog nooit enige van hierdie vrae gevra het nie? 2. Die verband tussen toiletonderrig en jou kind se seksuele toekoms 3. Die hele kwessie van verskillende geslagte se saambad en naaktheid 4. Kleuters was hulleself betas en dalk masturbeer 5. Praktiese weerbaarmarking teen seksuele molestering 6. Wanneer kinders mekaar se broekies aftrek en seksuele speletjies met mekar speel 7. Ek groet! Oor die aanbieder: Wanneer ons die geleentheid het om 'n positiewe verskil te maak in die lewe van kinders en ouers word ons meedoeners in die verandering van die sameleweing. Gretha glo dat 'n mens se opvoeding as kind, jou keuses as man of vrou en die mense wie jy kies as geselskap, jou dikwels negatief slyp en weerhou van jou Goddelike ontwerp. Wat haar egter opgewonde maak is volgehoue geleenthede tot verbetering, versterking en eindelik: lewensverandering. Gretha se bediening fokus daarop om kinders en ouers te begelei in hierdie lewensverandering. Ten einde dit te bereik, bied Gretha werkswinkels, seminare en kampe aan vir tienerdogters en seuns in die veld van seksualiteit en leierskap. Sy het ook verskillende ouerskap CD's om ouers te begelei in die opvoedingstaak van seksualiteit, dissipline en positiewe ouerskap. Gretha bied ook Huweliksverrykingskampe aan en tree op as motiverende spreker. Vanuit haar getuienis is dit duidelik dat God ons ervaringe gebruik en ten geode laat meewerk om met nuwe oë na ons verlede te kyk en met 'n verwagting vooruit te gaan. 
Number of Copies

REVIEWS (0) -

No reviews posted yet.

WRITE A REVIEW

Please login to write a review.