Liefde en respek in 52 weke: n Man-vriendelike dagboek waarvan vrouens sal hou (Afrikaans Edition)

Type
Book
Category
Teaching  [ Browse Items ]
Publication Year
2012 
Pages
245 
Abstract
Sarie 
Description
Deur middel van miljoene Love & Respect produkte wat verkoop is, het Emerson Eggerichs huwelike met sy Bybelgebaseerde benadering regoor die wêreld getransformeer. Die fokuspunt is om die liefde te verstaan wat sy die meeste begeer en die respek af te dwing wat hy desperaat nodig het. Nou, in hierdie langverwagte vrystelling, het Emerson ’n ervaring vir paartjies geskep wat effektief, buigsaam en lewensveranderend is. Met die samestelling van Liefde en respek in 52 weke het Eggerichs die top bekommernisse wat te voorskyn gekom het in ’n opname met duisende paartjies geneem, en 52 oordenkings geskep wat gegrond is op die drie siklusse wat sentraal in
Love and Respect (in Afrikaans uitgegee as Praat mekaar se taal) is. Elke oordenking, ontwerp om by besige leefstyle in te pas, nooi paartjies om te ontdek wat God se Woord vir hul as individu, en as paartjie wil sê. Oordenkings sluit in:• Foute gebeur – en wat dan? • Seks en toegeneentheid: ’n Twee-rigting straat • As ons net nie geldelike probleme gehad het nie. Die spesifieke oordenkings kan weekliks of teen enige tempo gedoen word en is spesifi ek ontwerp om onderwerpe aan te spreek wat paartjies die naaste aan die hart lê. Hierdie is ’n man-vriendelike dagboek wat so geskryf is dat die man gemaklik kan voel gedurende die hele proses. Liefde en respek in 52 weke is onmisbaar vir enigiemand wat hul huweliksverhouding wil verbeter!  
Number of Copies

REVIEWS (0) -

No reviews posted yet.

WRITE A REVIEW

Please login to write a review.