Genoeg

Type
Book
Authors
Category
Teaching  [ Browse Items ]
Publisher
Hope2Overcome, South Africa 
Description
Hierdie boek gaan oor die genesing en herstel van 'n land wat op sy knieë is. Baie Suid-Afrikaners voel om verskillende redes teleurgesteld na die afgelope Verkiesing dat daar nie veel verandering is nie. Nou dat die status quo onveranderd blyk te wees, en baie se hoop nog meer verydel, wil die Here met die land PRAAT - veral met die Afrikaner. Mense twyfel en wonder of ons ooit 'n gesonde demokrasie gaan hê met sterk opposisie. Miskien is dit die punt: Ware verbetering en genesing in Suid-Afrika lê in wese nie in politieke hande nie. In 1994 was daar 'n politieke transformasie; nou is 'n geestelike transformasie meer nodig as ooit. In net meer as 20 jaar het die land beweeg van veranderingseuforie na ekonomiese en sosiale oplewing, tot 'n dramatiese afplatting en wye teleurstelling. Dit voel asof 'n bonatuurlike ingryping die enigste hoop vir die land is. Ironies genoeg, bring dit perspektief: Dat God ons HOOP is en dat 'n kragtige werking an Sy Gees nodig is om ons land uit 'n moeras van morele en geestelike armoede te ruk. Die verval is GENOEG! SA gaan miskien noord,, maar ons mis ware noord. Die gety moet êrens draai. God wil daarom kragtig deur mense in SA werk. Reeds is gebed dringend aan't toeneem reg oor SA, tesame met duisende eat by Mighty Men-konferensies bymekaarkom, wat toon dat geoofserns optel. God is aan die beweeg. God se orde was nog altyd dat geestelike transformasie gesonde politieke en ekonomiese transformasie voorafgaan - hoeveel te meer is dit nie in SA nodig nie. Dit kan nie andersom werk nie en ons sien dit in die toestand waarin die land is. Mense se harte moet eers verander voordat hulle denke en besluite verander. Die Afrikaner, in besonder, bevind hom nou in 'n tydvak waar hy nie meer seker is wat sy rol en doel in die land is nie. Hy het in 360 jaar volsirkel geloop op sy pad na vervulling en betekenis. Dit, nadag God 100 jaar gelede aan SA 'n opdrag, 'n antwoord uit Sy Woord deur 'n regverdige leier gegee het, waarvan min weet. Dis verontagsaam en nou lyk ons pogings verniet - veral nou, 70 jaar na Apartheid vir die eerste keer goedgekeur is. Ons wil nie die land verlaat nie, maar 'n gevoel van marginalisering is besig om ons suurstof uit te druk. Dis waarom ons moet uit kom by 'n beter verstaan van hoekom die land ons NODIG het; hoekom God 'n plan met ons het, en met al die mense in SA. Wanneer die mens sy gestelike betekenis vind en daardie kompas volg, begin die res in plek val. Die Waarheid is: Suid-Afrika het verandering nodig. Suid-Afrika het Goeie Nuus nodig! Dis waarom die boek spreek tot die kern van sake in die land en dit wat nou van kritieke belang is. Dis alles behalwe verby met SA! 
Number of Copies

REVIEWS (0) -

No reviews posted yet.

WRITE A REVIEW

Please login to write a review.